Olimpiese Somerspele 1912

Spele van die Ve Olimpiade
Olimpiesespele van 1912

Gehou in Stockholm, Swede
Deelnemende lande 28 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 2 407 (2 359 mans, 48 vroue)[1]
Items 102 in 14 sporte[2]
Openingseremonie 5 Mei 1912
Sluitingseremonie 27 Julie 1912
Amptelik geopen deur koning Gustaf V[3]
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1908: Londen (VK)
Volgende Spele 1916: Berlyn (Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1912 (Sweeds: Olympiska sommarspelen 1912), amptelik bekend as die Spele van die Vde Olimpiade, is tussen 5 Mei en 27 Julie 1908 in Stockholm, Swede, aangebied. Stockholm was die enigste kandidaatstad en is in 1909 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) as gashouer benoem.[4]

Die Olimpiese Stadion in Stockholm, wat ter geleentheid van die Olimpiese Somerspele 1912 opgerig is

Hierdie spele was 'n toonbeeld van effektiwiteit, vir die eerste keer word van 'n omroepstelsel en elektroniese tydmeting gebruik gemaak. Vir die Spele bou die organisasiekomitee die bekende rooi baksteen-stadion met sy middeleeuse aansig, wat twee-en-dertigduisend toeskouers kon akkommodeer. Die swemitems vind in die soutwater swembad van Djurgårdsbrunnsviken, in die stadsentrum van Stockholm plaas. Dit was die laaste Olimpiese Somerspele voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog twee jaar later.

  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search